OPVOLG: Presitentia inwoners weer geteiken, metro sê oor hekmotor
Presidentia Ouetehuis se inwoners vrees vir hul lewens met die toenemende inbrake wat daar plaasvind.
Inwoners van Presidentia is moeg gekla oor die toestand van die tehuis en die feit dat daar gereeld misdaad aktiwiteite plaasvind.
Dat die meestal bejaarde inwoners boonop in vrees moet lewe, is ook ‘n groot bron van kommer.
Sedert ‘n berig oor die huidige situasie in die Springs Advertiser en op die koerant se webtuiste geplaas is (Rowers teiken bejaardes), was daar weer by dié tehuis ingebreek en nog talle bejaardes se eenhede is verwoes en leeg gedra.
Sommige bejaardes wat in ‘n rolstoele is of afhanklik van loop hulpmiddels is, is bekommerd dat hulle nie hulself teen die booswigte kan beskerm nie.
Die Springs Advertiser het die Stad van Ekurhuleni genader vir kommentaar oor die situasie.
Terugvoering is ontvang en dit lui soos volg:
Die hekmotors sal hierdie huidige boekjaar (2024/25) vervang word.
Kontrakteurs word oorweeg om die werk uit te voer.
Finale reëlings word getref en sodra hierdie proses voltooi is, sal die werk aan die gang kom.
Presidentia se inwoners meen egter dat die metro baie meer gaan moet doen as net die tehuis se hekmotors vervang en dat effektiewe veiligheidsmaatreëls in plek gesit moet word.
LEES OOK: Community cleans up Struisbuilt Dam
LEES OOK: Presidentia bejaardes leef in vrees, vrou (88) in huis oorval