Geliefde dokter se afsterwe laat groot leemte
Die geliefde dokter is twee dae voor Kersfees oorlede in haar huis.

‘n Geliefde dokter wat jare lank ‘n praktyk in Brakpan bedryf het, is tydens die feesseisoen oorlede. Die 44-jarige Tharina Bothma, of beter bekend as dokter Gunther, het op 23 Desember aan ‘n beroerte by haar huis in Selcourt gesterf.
Pasiënte wat oor die laaste sewe jaar by dr Gunther se praktyk aangeklop het, het hul skok en hartseer oor haar heengaan uitgespreek.
Tharina laat haar man, Morné (49) en twee jong kinders van twee en vier jaar agter. Sy en Morné was vir 15 jaar getroud en woon al vir meer as ‘n dekade lank in Selcourt.
Tharina het destyds haar doktersgraad aan die Universiteit van Pretoria voltooi en vanaf 2006 begin praktiseer om haar passie om ander te help, na te streef.
Sy het aanvanklik by die Medicross by die Mall@Carnival gepraktiseer, wat later die Complete Family Clinic Inc. geword het, waar sy vir die laaste sewe jaar ‘n aandeelhouer en algemene praktisyn was.
Haar familie beskryf haar as ‘n ligpunt in die gemeenskap en iemand wat altyd gereed was met ‘n grappie om ander se dag beter te maak.

Sy was geliefd onder haar pasiënte en kollegas en het warmte en liefde wat sy uitgestraal. Sy het nie net mense genees nie, maar ook harte aangeraak.
Wanneer Tharina nie by die werk was nie, het sy tyd saam met haar familie gekoester en sy was ook ‘n groot boekwurm. Volgens Morné is daar byna een 1 000 boeke in hulle huis.
“Ek gaan haar glimlag, daaglikse oproepe, omgee en onvoorwaardelike liefde vir my en die kinders baie mis,” het ‘n emosionele Morné gesê.
Huldeblyke het op sosiale media ingestroom na ‘n plasing wat op Complete Family Clinic Inc. se Facebook-blad geplaas is.
Sommige van die inskrywings lui soos volg:
• ’n Dokter met ‘n hart van goud, sy was altyd bereid om te help maak nie saak wat nie.
• Ek het die voorreg gehad om haar een keer te besoek en al my vriende en familie na haar te verwys. Sy was ‘n omgee dokter, deeglik en absoluut ‘n uitstekende dokter. Innige meegevoel aan haar familie, vriende en kollegas.
• Wat ‘n wonderlike dokter. Sy was absoluut een in ‘n duisend. Sterkte aan haar familie. ‘n Gedenkdiens is op 6 Januarie by die NG Springs Noord gemeente in Geduld gehou.
LEES OOK: Springs Farmers Market announces changes
LEES OOK: Young woodworker carving out a bright future