Local newsNews

Agt A’s vir toekomstige aktuaris

Oud-hoofseun ryg agt A's in tydens die matriek eindeksamen.

Darius Barnard, oud-hoofseun van die Hoërskool Hugenote, het tussendeur ‘n rits aktiwiteite dit reggekry om agt onderskeidings tydens die afgelope matriekeksamen in te ryg.

Hierdie 18-jarige het op skool aan rugby, hokkie en skaak deelgeneem maar sy groot liefde was rugby. Wanneer hy nie studeer het of aan skoolaktiwiteite deelgeneem het nie, was hy óf by die viswaters óf by vriende.

Hoewel skool vir Darius baie beteken het, erken hy dat hy nie die geesvang en ure se gesing in die son gaan mis nie.

Dié hoofseun het ‘n goeie voorbeeld vir sy mede-matrikulante gestel. Darius het onderskeidings behaal in Afrikaans, Engels, wiskunde, lewensoriëntering, rekeningkunde, rekenaartoepassingstegnologie, fisiese wetenskappe en religie studies.


LEES OOK: WATCH: Grade Ones enjoy first day of school


“Dis moeilik om ‘n gunsteling vak te kies omdat elke vak in sy eie manier my belangstellings geprikkel het, maar ek sal sê wiskunde kraai beslis koning. Die wêreld bestaan uit wiskunde en ons gebruik dit elke dag,” sê Darius.

“Tydens my voorbereiding vir die eksamen was daar nie veel vrye tyd nie, maar ek het tyd gemaak om minstens een keer ‘n week tyd met my vriende te deur te bring.

“Dit was dalk nie wys van my nie, maar dit het beslis gehelp met ontspanning tydens die eksamentydperk.”

Darius gaan vanjaar aktuariële wetenskappe aan die Noord-Wes Universiteit van Potchefstroom studeer en beoog om eendag ‘n aktuaris te wees.

Die leuse wat hom tydens die eksamen aangemoedig het was: “Vergelyk jouself met wie jy gister was,” en hy voeg by dat dit hom voortdurend motiveer om aan homself te werk en seker te maak hy is beter as gister.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.

Related Articles

Back to top button