Local newsNews

Plaaslike skoonheid inspireer met haar reis na Miss Grand SA

Mej Springs gekies as finalis vir landswye skoonheidskompetisie.

Bejandri Lourens (22) is vinnig besig om naam vir haarself in die skoonheidsbedryf te maak. Nie net hou sy Springs se naam hoog as 2024 se Mej Springs nie, maar sy is ook onlangs aangekondig as een van die finaliste in vanjaar se Miss Grand South Africa.

Die donkerkop skoonheid het op Kersdag, kort voor die inskrywings se sluitingsdatum, haar inskrywing ingestuur met die hoop om 2025 haar drome na te jaag en haar volle potensiaal te bereik.

“Ek het nog altyd die begeerte gehad om my land te verteenwoordig op ‘n verhoog wat my nie net die geleentheid gee om my talente uit te stal nie, maar ook om ‘n werklike verskil te maak.

“Miss Grand het vir my uitgestaan, veral weens hul missie om oorlog en geweld te beveg; ‘n saak is wat ek eerlik en diep ondersteun,” sê Bejandri.


Bejandri beoog om tydens hierdie reis ‘n verskil te maak.

Miss Grand South Africa is ‘n jaarlikse skoonheidskompetisie vir vroue tussen die ouderdom 18 en 30. Die wenner van hierdie kompetisie sal later vanjaar Suid-Afrika by Miss Grand International in Thailand verteenwoordig.

Die finaliste is op 13 Januarie bekend gemaak waarvan Bejandri een van die 35 gekose dames is.

“Ek was oorweldig met dankbaarheid en opgewondenheid toe ek hoor ek is gekies as een van die finaliste,” sê sy en voeg by dat sy trots op haarself is omdat sy die moed gehad het om in te skryf.

“Ek sien uit na die ervaring, die mense wat ek gaan ontmoet, die nuwe kennis wat ek gaan opdoen en die geleentheid; nie net vir myself nie, maar vir my land en ander.”



ALSO CHECK: Hugie-matrikulante presteer goed

ALSO CHECK: Ekurhuleni mayor hails matriculants

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.

Related Articles

Back to top button