Local newsNews

Besige kruising weer sonder stopteken

Hierdie kruising is lewensgevaarlik vir motoriste wat nie met die omgewing vertroud is nie.

Die kruising op die hoek van Townsendstraat en Nettletonlaan in Stubenvale het weer eens nie ‘n stopteken nie.

Dít, slegs vier maande na die tragedie wat homself op dié hoek afgespeel het waarin die nege-jarige Khloé Pottas haar lewe verloor het. (Ongeluk eis nege-jarige se lewe).

‘n Motorongeluk het verlede jaar in September laatnag hier plaasgevind toe twee voertuie teen mekaar gebots het.

Hierdie motorongeluk het nie net klein Khloé se lewe geëis nie, maar haar ma en twee sussies met ernstige beserings in die hospitaal gelaat.


LEES OOK: Leer die kuns van luggeweerskiet by die East Rand Air Rifle Klub


Lesinda (38), Mario-reé (15) en Leyla (12) het vir etlike weke in die hospitaal aangesterk. Ten tyde van die ongeluk was die stopstraat se verf nie sigbaar nie en die kruising het ook nie oor ‘n stopteken beskik nie.

Slegs dae nadat die motorongeluk plaasgevind het, is daar ‘n stopteken op die hoek van hierdie strate opgesit. Nou, skaars ‘n paar maande na die ongeluk, beskik hierdie kruising weer eens nie oor ‘n stopteken nie.

Dit is nie duidelik of dit weens vandalisme verwyder is nie.

Die Advertiser het die Stad van Ekurhuleni rakende hierdie veiligheidskwessie genader vir kommentaar. Sodra dit ontvang is sal dit gepubliseer word.


At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Springs Advertiser in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button