News
Hugies skop atletiekseisoen af
Die Hoërskool Hugenote het onlangs hul jaarlikse Interhuis atletiekbyeenkoms by die skool gehou.
Daar was geen tekort aan gees en aanskoulike atletiek tydens die Hoërskool Hugenote se onlangse jaarlikse interhuis byeenkoms, wat by die skool plaasgevind het.
Drie spanne, Amptenare (rooi), Burgers (blou) en Patriote (geel) het teen mekaar meegeding om te bepaal wie die wenners van die atletiekbeker, sowel as die geesbeker sal wees.
Die dag was met baie gees gevul en elke span se dirigente het seker gemaak dat die gees reg deur die dag hoog gebly het.
Vanjaar se geesbeker het aan die Patriote gegaan en die atletiekbeker aan die Amptenare.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!










