News

Familie se wortels lê diep by Laerskool Selectionpark

Die Laerskool Selectionpark het tot dusver 11 Strydoms in hulle skoolbanke gehad.

Die Strydom gesin se verbintenis met die Laerskool Selectionpark is baie uniek.

Drie generasies Strydoms het oor ‘n tydperk van 64 jaar by dié skool hul skoolloopbaan begin waar hulle pa, oupa en groot oupa jare gelede die eerste skoolhoof was.

Vir 72-jarige Fritz Strydom het die Laerskool Selectionpark egter baie sentimentele waarde omdat sy pa dekades gelede die skool as hoof verteenwoordig het.

Dr FW Strydom het vanaf 1952 tot 1973 as die heel eerste skoolhoof van die Laerskool Selectionpark gedien.

Hy word onthou as ‘n man wat gehelp het om ‘n skool te bou wat vandag steeds ‘n top leerinstelling is.
Vele van Springs se besigheidseienaars is deur hom en sy onderwysers gevorm.

Fritz en al vyf sy boeties en sussies het ook by die Laerskool Selectionpark skool gegaan en daarom kon hy nie anders as om sy eie kinders ook daarheen te stuur nie.

Fritz Junior (46), Janine (49) en Ryno (40) was vir jare ook trotse Parkies omdat hulle wortels baie diep daar lê.
Dit was vir beide Fritz junior en Ryno ‘n maklike keuse om te maak oor watter skool vir hulle kinders die beste sal wees.

Klein Beahti (6) en Luka (6) het vanjaar hulle skoolloopbaan daar afgeskop as volwaardige Graad R’e.

“Vir ons Strydoms lê die Laerskool Selectionpark baie na aan die hart,” sê Fritz trots en voeg by dat dit vir hulle familie ‘n riem onder die hart is om deel van die dorp se geskiedenis te wees.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Springs Advertiser in Google News and Top Stories.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button