KYK: Voortrekkers geniet waatlemoendag
Saterdag se warm weer het gesorg vir 'n mooi dag om die voortrekkers te vermaak.
Die Springs Voortrekker Kommando het Saterdag hul jaarlikse waatlemoen pretdag te Die Agterplaas gehou.
@springsadvertiser Die kinders het saam in ‘n span gewerk om die tent op te slaan. #Springs #ekurhuleni #viral_video #Residents #fyp
Die kinders het ‘n propvol program geniet met verskeie aktiwiteite, van vuur maak, tent opslaan en bokdrol spoeg.
@springsadvertiser Die glip en gly was ‘n hoogtepunt van die dag. #Springs #ekurhuleni #viral_video #Residents #fyp
Na afloop van die formele aktwiteite het die kinders heerlik op die waterglybaan afgekoel.
@springsadvertiser Die voortrekkers het dit geniet om mekaar met die waatlemoen te gooi. #Springs #viral_video #ekurhuleni #Residents #fyp
Om die dag af te sluit het hulle soos oudergewoonte bitter min van die waatlemoen geëet, maar egter mekaar daarmee gegooi.










