Springs Rugbyklub wys krag met sterk vertoning in Castle Superliga
Saterdag speel Springs teen Pretoria se Naka Bulle en die publiek word uitgenooi om die spanne te ondersteun.
Die Springs Rugbyklub het ‘n goeie naweek op die veld beleef.
Beide die eerste en tweede spanne het teen die Hollywood Bets Harlequins in Pretoria kragte gemeet in die Castle Superliga stryd.
Die eerste span het gelykop met 29 elk geeïndig.
Die losskakel Edrich Aucamp se skopskoen het sy span in die stryd gehou en hy het met vier strafdoele en ‘n doelskop geslaag.
C-Jay Strauss, Sweef Potgieter en Kevin Mukandila het elk vir Springs ‘n drie gedruk.
Die tweede span het met ‘n telling van 23-15 as oorwinnaars vanaf die veld gestap.
Springs speel Saterdag op die Olimpiapark gronde teen Pretoria se Naka Bulle.
LEES OOK: Young scout earns prestigious Leaping Wolf Award
LEES OOK: Springs Photography Club announces January winners



