Local newsNews

VLU skop die jaar behoorlik af

Die VLU Springs-tak het hul eerste vergadering vir die jaar op 12 Februarie afgeskop.

Die VLU Spring-tak se eerste vergadering van die jaar het op 12 Februarie afgeskop by die AGS Fonteinedal saal in Geduld.
Die lede was almal mooi in rooi en wit getooi ter viering van Valentynsdag.

Hulle het ‘n propvol program geniet en die huidige voorsitter, Louise Fourie het in haar beurt gepraat oor wat voorlê vir 2025.

Sy het belangrike datums soos die konferensie en prysuitdeling deurgegee asook die jaarprogram in diepte bespreek.

Vir 2025 beplan die dames verskeie uitreikprojekte soos ondermeer die ‘skoenboks-projek’ waar skoenbokse met toiletware gevul en aan bejaardes oorhandig word.

Net nadat die formele verrigtinge afgehandel is, is die gas van die dag, Adéle Hareb aan die woord gestel.


Adéle Hareb het die lede ingelig oor die gebruik van kasterolie.

Adéle het die lede van die voordele van die uitwendige gebruik van kasterolie vertel. Volgens haar het die daaglikse gebruik van kasterolie haar van die chroniese outo-immuun siekte, Lupus genees.

“Nadat ek in 2018 met Lupus gediagnoseer is, het my liggaam na ‘n ruk die medikasie verwerp. Dit is toe ek navorsing begin doen oor natuurlik produkte,” sê sy en voeg by dat kasterolie byna al haar pyne en skete genees het.

Volgens haar is dié olie nie net goed vir jou gesondheid nie, maar ook vir jou vel en byna enige pyn. Sy noem ook dat dit ‘n natuurlike wyse is hoe mens jou liggaam kan genees en gesond hou.

Na afloop van Adéle se insiggewende inligtingsessie, het die vroue saam geëet en verder gekuier. Die volgende vergadering sal op 12 Maart plaasvind.



LEES OOK: CoE and Eastern Gauteng Chamber unite to boost Springs’ business growth

LEES OOK: WATCH: Third time unlucky: Meat Hub Butchery window destroyed in another taxi accident

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Springs Advertiser in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button