Local newsNews

Vermiste hond is soos ‘n kind in die huis

'n Beloning van R5 000 is uitgereik vir die persoon wat Kodi terugbring.

Die eienaar van ‘n sewe-jarige Yorkshire Terriër, wat op 1 Februarie verdwyn het is rasend van kommer en het al alles in sy vermoë gedoen om die hond op te spoor.

Ian Senekal (48), Kodi se eienaar, het homself tot sosiale media en selfs advertensies in die Springs Advertiser gewend om hulp te vra om dié hond op te spoor.

Ian het op Facebook al verskeie plasings van Kodi se verdwyning gemaak en sy pleidooi om hom terug te kry is al menige male op sosiale media gedeel. ‘n Beloning van R5 000 is uitgereik vir die persoon wat Kodi terugbring.

“Hy is vir my baie meer werd as geld, ons soek hom net terug,” het ’n emosionele Ian gesê.

Omdat die Senekal gesin op vakansie was, het Kodi soos oudergewoonte by ‘n gesinslid in Selection Park gebly.


Kodi is ‘n bruin en grys Yorkshire Terriër.

Op 1 Februarie het hy die oggend uitgegaan en glo sy weg deur ‘n klein gaatjie in die hek gevind. Daar was spoedig alarm gemaak oor sy verdwyning en talle het vir dae lank onverpoosd na die klein bruin en grys hond gesoek.

Tot op hede was daar nog geen teken van Kodi nie.

Daar word egter vermoed dat hy steeds in Selection Park is en die Senekal gesin vra dat indien iemand hom gevat het, hulle hom sal terugbring.

“Kodi is soos ‘n kind in ons huis en ons mis hom vreeslik. Ek kan nie in die aande slaap nie want ek weet nie of hy oukei is nie. My hart is vreeslik seer want dit is soos een van my kinders wat vermis is.”

Kodi word as ‘n liefdevolle en saggeaarde hond beskryf en sal glo op sy naam reageer wanneer iemand hom roep.
Indien enigeen inligting het oor waar Kodi himself dalk bevind, kontak vir Ian Senekal by 063 585 3054.



LEES OOK: Nurse remains in custody after alleged rape and sexual assault charges

LEES OOK: Constitutional Court upholds rights of blind and visually impaired people to access copyrighted works

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Springs Advertiser in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button