Local newsLocal sportNews

Springs Rugbyklub kou klippe teen Bulle

Springs Rugbyklub het die afgelope naweek vasgeval teen die Naka Bulle.

Springs Rugbyklub het Saterdag teen Pretoria se Naka Bulle te staan gekom en nie ‘n goeie dag op die veld beleef nie.

Hierdie vriendskaplike wedstryd het op die Olimpiapark gronde plaasgevind. Springs se eerste span het harde klippe gekou en met ‘n eindtelling van 73-29 verloor.

Die Bulle het kliphard begin en hulle vinnige spel reg deur die wedstryd volgehou. In die eerste 15 minute het die Naka Bulle reeds drie keer agter Springs se pale gaan kuier.

Springs se spelers het baie hanteringsfoute gemaak maar kon kort voor halftyd daarin slaag om hulle eerste punte aan te teken en die halftyd telling 54-5 te maak.


Die heelagter Francis Muyambo in aksie. Foto: Roné’s Sports Photography

In die tweede helfte van die wedstryd het Springs nie net aansienlik beter verdedig nie, maar ook beter aangeval.
Hulle het in die laaste 40 minute ‘n totaal van 24 punte aangeteken.

Springs se puntemakers was: Pieter Grobler, Francis Muyambo, Klaas van Wyk en Junaide Seedat. James Campbell het ook een doelskop oorgeskop.

Die tweede span het met 47-12 verloor en die o21 span het ook verloor met ‘n telling van 49-7.

Die manne sal hierdie naweek ‘n af naweek geniet en begin met voorbereiding vir 8 Maart se stryd teen die Northam Wolves.




LEES OOK: Springs rugbykaptein is gereed om blywende impak te maak

LEES OOK: Ekurhuleni Spaza Shop owners face February 28 registration deadline

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Springs Advertiser in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button