Plaaslike musikant floreer op die verhoog
Theuns droom daarvan om eendag sy eie treffers vry te stel.

Om suksesvol in die musiekbedryf te wees vat meer as net ‘n goeie stem; gepaard daarmee gaan ‘n verhoog persoonlikheid wat die lewenslustige Theuns van der Schyf verseker nie ‘n tekort aan het nie.
Dié 40-jarige kunstenaar het in 2003 aan die Hoër Tegniese Skool gematrikuleer en woon deesdae in Eastvale. Theuns is vroeg in sy lewe al aan musiek blootgestel en het in ‘n musikale familie groot geword.
Sonder om twee keer te dink het hy in hulle voetspore gevolg en op ‘n baie jong ouderdom al musiek met sy kitaar gemaak.
In sy tienerdae het hy sy eerste sanggroep begin en reeds musike vanuit sy eie pen begin skryf.
“Toe ek jonger was, was my guntseling genre beslis rock of metal maar nou dat ek ouer is eksperimeneer ek graag met verskillende genres,” het Theuns gesê.
LEES OOK: Group aims to end child hunger in community
Hy voeg by dat country nou een van sy gunstelinge is.
Wanneer Theuns nie met ‘n kitaar in die hand op die verhoog is nie, spandeer hy graag kwaliteit tyd saam met sy familie en vriende en hoewel hy meestal alleen op tree, geniet hy dit om soms saam met ander kunstenaars en sanggroepe te werk.
“Ek het ‘n hele klomp van my eie liedjies, maar mens is altyd krities op jou eie werk en dink konstant jy kan nog en nog verbeter. Wanneer ek 100% tevrede is sal ek sal eendag van my oorspronklike musiek opneem.”
Hy sluit af met: “Ek is baie bevoorreg om die verhoog al met bekende kunstenaars te kon deel, maar soos enige ander kunstenaar is die droom tog om ‘n groot treffer of twee vry te stel.”
LEES OOK: Murphy steps down after years of guiding leadership