Local newsLocal sportNews

Driejarige is gemaklik in die bokskryt

Frederik Dicks gaan die volgende paar jaar aan sy boks tegniek werk en homself goed voorberei vir wanneer hy aan amptelike gevegte kan deelneem.

Die jongste lid van die Bert Collins Boks klub is net ‘n paar bakstene hoog maar die gesegde van dinamiet kom in klein pakkies is beslis van toepassing op die klein bokser.

Frederik Dicks is maar net drie jaar oud en het beslis nie ‘n bang haar op sy kop wanneer hy die bokskryt betree nie.

Frederik is so te sê met bokshandskoene onder die arm gebore en volg in sy ma, ouma en oupa se voetspore. Volgens sy ma, Geanné (23) het sy passie vir die sport ontwikkel nadat hy haar in aksie gesien het.

Geanné is self ‘n kranige bokser vir die laaste 11 jaar en het al verskeie titels gewen. Hoewel Frederik nog nie aan amptelike gevegte deelneem nie, geniet hy dit om af en toe teen ander boksers van sy ouderdom in die kryt te staan te kom.

Die voorsitter van die klub, Jeanette Dyzel, of beter bekend vir hom as sy ouma, rig hom weeksaande by die klub af.


LEES OOK: Springs born author donates set of books to library


“Sommige aande speel hy net buite in die sand en ander aande gaan trek hy self sy boks handskoene aan, dan is hy nou lus om te oefen,” vertel Jeanette en voeg by dat hulle hom nie dwing om ‘n oefenprogram te volg nie en dat hy steeds self moet kies of hy die sport wil beoefen of nie.

Klein Frederik sal eers van sewe jaar oud af aan amptelike gevegte kan deelneem maar gebruik die volgende paar jaar om homself solank goed voor te berei.

“Frederik het nog voordat hy begin loop het, al ‘n belangstelling in die sport getoon. Hy gaan beslis eendag weet hoe om homself te verdedig en baie self vertroue hê wat boks betref,” sê Geanné met trots.

Volgens haar gee Frederik nie op wanneer hy in die kryt is nie en dat hy aanhou veg tot die einde toe.

Sy sê wel dat hulle aan sy balans sal moet werk aangesien hy maklik rond val wanneer hy sy houe slinger of ‘n hou probeer ontduik.


LEES OOK: Siggestremde baba se ouers hoopvol na behandeling in Duitsland


At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.

Related Articles

Back to top button