Local newsNews

Geliefde Yorkie word steeds vermis, beloning nou R20 000

Klein Kobi word sedert die begin van Februarie vermis.

Die eienaar van die sewe-jarige Yorkshire Terriër, wat op 1 Februarie verdwyn het, is steeds rasend van kommer en doen alles in sy vermoë om sy hond op te spoor.

Ian Senekal (48), Kodi se eienaar, het homself tot sosiale media en selfs advertensies in die Springs Advertiser gewend om hulp te vra om sy geliefde troeteldier te vind.

Ian het op sosiale media al verskeie plasings van Kodi se verdwyning gemaak en sy pleidooi om hom terug te kry is al verskeie kere aanlyn gedeel.

Vir die eerste paar dae was daar onverpoosd na die klein bruin en grys hond gesoek, maar tot op hede was daar nog geen teken van hom nie.


LEES OOK: Ekurhuleni LifeLine needs crisis control


Kort na Kodi se verdwyning was ‘n beloning van R5 000 uitgereik vir die persoon wat hom terugbring. Weke later was die beloning na R10 000 verhoog, maar daar was steeds geen teken van hom nie.

Die Senekal-gesin het onlangs bekend gemaak dat ‘n beloning van R20 000 uitgereik sal word aan die persoon wat Kodi ongedeerd vir hulle terug bring. Hierdie aanbod staan egter net tot 6 April.

“Ek glo dat iemand vir Kodi opgetel het en vir hulself gevat het. Om so ‘n aardige bedrag aan te bied is uit desperaatheid om my woefie terug te kry.

“Ek hoop as iemand hom van my weerhou, dat hulle eerder die geld sal vat en hom net vir my terug gee,” het Ian gesê.


LEES OOK: Resident frustrated over trench in front of his property


Volgens Ian het die beloningsgeld baie kansvatters gelok en sal die geld nie uitgereik sal word voordat die gesin kan vasstel of dit werklik Kodi is nie.

In die laaste paar weke was daar ook verskeie foto’s op sosiale media van Yorkies gedeel maar Ian sê hy kan dadelik sien dat dit nie sy hond is nie.

“Ek mis alles van hom, sy groet by die hek as ek by die huis kom, sy blaf hier in die huis en selfs sy stout wees. Hy is soos my kind en hy sal altyd ‘n deel van my hart hê,” het ‘n emosionele Ian gesê en voeg by dat hy nooit sal ophou soek nie.

Indien enigiemand inligting het oor waar Kodi himself dalk bevind, kontak vir Ian by 063 585 3054.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Springs Advertiser in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button