Local newsNews

Rugbyklub verwelkom nuwe hoofafrigter

Bruce Borman is vasbeslote om vanjaar die wen beker huis toe te bring.

Bruce Borman, ‘n inwoner van Nigel, is onlangs aangestel as die eerste span hoofafrigter by die Springs Rugbyklub.

Dié 36-jarige afrigter het egter geen bekendstelling nodig nie want hy was vir die 2024 seisoen die tweede rugbyspan hoofafrigter.

Volgens Bruce is die tempo van die eerste span se spel baie hoër as dié van die tweede span, maar hy sal sy afrigting styl op dieselfde wyse benader.

“Ek beoog om ‘n dinamiese en strategiese spel uit te oefen en ‘n positiewe band tussen afrigting en spelers te bou,” het Bruce gesê en voeg by dat hy die span se kultuur sterk en positief wil hou.


LEES OOK: Striders verkies nuwe komitee


In sy jonger dae was hy self ‘n rugbyspeler en was na skool vir agt maande by Tuks se Rugby Akademie betrokke waar hy rugby kennis opgedoen het. Hy het in 2007 vir die eerste keer by Springs aangesluit as agterlyn speler vir die o21s.

“Nadat ek vir ‘n paar jaar daar weg was het ek weer in 2018 by die klub betrokke geraak en vir die tweede span gespeel. Ek mis dit soms om self te speel maar die afrigting is werklik my passie.

“Dit is vir my lekker om elke speler te ontleed en aan hulle vaardighede te werk om sodoende die beste uit elke speler te kry.”.

Tot die span se voordeel is hy reeds vertroud met van die spelers se spel. Volgens hom sien hy uit daarna om met die nuwe spelers te werk en te kyk waar hy hulle spel kan verbeter.


LEES OOK: Expert says we must let these little helpers ‘bee’


Bruce is ook opgewonde om saam met die twee huidige afrigters, Francois Prinsloo en Dean Wiehahn te werk.

“Ek ken hulle ook al vir ‘n geruime tyd en hulle het net so ‘n groot liefde vir rugby soos wat ek het. Dean was ook ‘n agterlyn speler en is gemaklik in sy rol en daarom vertrou ek in sy styl van afrigting.

“Francois was op sy tyd ‘n fantastiese speler. As voorspeler was hy een van Springs se bestes en die kennis wat hy as afrigter bring kan net tot voordeel van die klub wees,” het Bruce gesê en voeg by hulle is ‘n sterk afrigting kombinasie.

Sy hoop die 2025 se rugby seisoen is om op die goeie grondslag wat reeds vasgelê is voort te bou en die wen trofee huis toe te bring.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Springs Advertiser in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button