Local newsNews

Blink toekoms wag op plaaslike kunstenaar

Rocco tree gereeld op en sing graag country of rock.

Rocco van Schalkwyk is ‘n bekende in die musiekbedryf en slaag beslis daarin om die dorp se naam hoog te hou.

Hierdie 31-jarige kunstenaar van Selection Park het in Springs groot geword en in 2012 aan die Hoërskool Hugenote matrikuleer.

Sy passie vir sang het al vroeg in sy lewe begin ontwikkel en hy was op die jong ouderdom van vier reeds op die verhoog te sien. Hy het as jong seun al aan sang kompetisies deelgeneem en gewen.

“My oupa was in ‘n sanggroep en ek het van kleins af saam gegaan na verskeie vertonings. So het ek lief geraak vir die idee van ‘live’ musiek.

“Ek onthou nog ek het soms saam hom op die verhoog geklim en gemaak asof ek deel van die sanggroep was,” het Rocco vertel.

Sy ma, tannie, boetie en niggie kan ok elk ‘n not hou en dit is beslis die musiek agtergrond in die familie wat sy passie vir musiek aangehelp het.

“Ek sal sê om ‘n kunstenaar te wees was nie noodwendig altyd ‘n droom van my nie, maar dit is iets wat ek nou verskriklik geniet, baie tyd insit en ook nie mee sal ophou nie.”

Rocco skroom nie om sy stem teen ander te meet nie en het al aan drie sang kompetisies deelgeneem en elke keer met die wen titel weggestap.

Die eerste sang kompetisie waaraan hy deelgeneem het was in 2018 aan die Battle of the Voices kompetisie. Die jaar daarop het hy aan beide die Oos-Rand se Onesto Musiek kompetisie en Mpumalanga se Mynland kompetisies deelgeneem en groot opslae gemaak as die wenner.


LEES OOK: Selcourt motorcyclist rides into history with seventh DJ Rally victory


Wanneer hy nie op die verhoog is nie spandeer hy graag tyd saam met familie, vriende en sy honde wat hy as sy kinders beskou.

Hy is ook handig en doen graag houtwerk en instandhoudingswerk in en om die huis. Hy tree byna elke naweek op en sê dat hy nie sommer nee sal sê vir ‘n vertoning tensy dit nie deel vorm van die prentjie wat hy as kunstenaar probeer skep nie.

“Ek geniet dit om die gehoor aan te raak met my musiek,” het hy gesê en voeg by dat country en rock sy gunsteling genres is om te sing.

Hy erken ook dat hy reeds talle oorspronklike liedjies geskryf het en beoog om dit eendag op te neem en vry te stel.

“Om te sing is ‘n talent wat die Vader my gegee het en om dit te mors sal eintlik net ‘n sonde wees.”

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Springs Advertiser in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button