Boksers van Bert Collins Boksklub vaar goed by ontwikkeling toernooi
Vyf Bert Collins boksers het aan die onlangse ontwikkelings toernooi deelgeneem.
Boksers van die Bert Collins Boksklub het op 5 April goed gevaar by die Gauteng Ontwikkeling Toernooi. Altesaam 20 klubs van regoor Gauteng het aan hierdie toernooi deelgeneem.
Die boksers wat deelgeneem het was Mizandrè Knoetze, Bradley Mithibi, Thabang Ncaba, Eugene Scholtz en Dean Kotze.
Eerste aan die beurt was die 13-jarige Mizandrè Knoetze wat vir die eerste keer in die kryt geklim het. Mizandrè het sy opponent van Tuine Tiere van Pretoria met ‘n 3/2 punte beslissing gewen.
Bradley Mithibi (17) het ook vir die eerste keer in die kryt geklim en ook teen ‘n bokser teen van Tuine Tiere te staan gekom.
Hoewel Bradley voorgeloop het met punte, het hy sy hande tydesn die geveg gesak, wat die einde van die geveg beteken het. Hy het in die tweede ronde met ‘n ‘ref stop contest’ (RSC) verloor.

Daarna het die 19-jarige Thabang Ncaba teen ‘n bokser van Trinity Boksklub in Edenvale te staan gekom en verloor met ‘n 5/0 punte beslissing.
Eugene Scholtz (17) het ook teen ‘n bokser van Trinity Boksklub te staan gekom en het op ‘n verdeelde punte beslissing verloor.
Laastens was die 22-jarige Dean Kotze aan die beurt. Hy het ook vir die eerste keer in die kryt geklim en homself goed van sy taak gekwyt deur sy opponent van Alberton Boksklub met ‘n 3/0 punte beslissing te wen.
Afrigters Jeanette Dyzel en Frans van der Linde is beïndruk met die boksers se volharding en hulle vernuf in die kryt.
“Ons besef daar is nog plek vir verbetering by al die boksers, maar ons is trots op al vyf wat deelgeneem het,” sê Jeanette.
ALSO READ: Join the Tamil New Year 2025 celebration at Bakerton
ALSO READ: April Fools’ Day prank sends Springsites and military enthusiasts into a frenzy



