Local newsLocal sportNews

Laerskool Selection Park fietsryspan laat die speke sing

Die Laerskool Selectionpark se fietsryspan sien uit na nog vele bergfiets wedrenne wat vanjaar vir hulle voorlê.

Die Laerskool Selection Park se fietsryspan ry stof in die ander spanne se oë. Hoewel bergfietsry nie ‘n amptelike sportsoort by die skool is nie, verteenwoordig die fietsryers steeds hulle skool met trots.

Die span bestaan tans uit 11 fietsryers en hulle is: Kaius Booth, Tyler Kitching, Jacques-Louis van Dalen, Lian Style, Raylan Olivier, Liandru van Dalen, Willem van Wyk, Wynand van Schalkwyk, Reghardt van Schalkwyk, Talisha Langerman, Dirk Keulder en Raygan Harvey.

Hierdie jong fietsryers oefen elke Woensdagmiddag op die skool se veldrenbaan wat verlede jaar deur hulle afrigter, Brian Style gebou is.

Brian (40) het al meer as ‘n dekade se ondervinding met bergfietsry en geniet dit om die jong klomp touwys te maak. Hoewel daar verskeie ligas en wedrenne is, is dié groep se hooffokus vanjaar die Gauteng Skole Liga, Gauteng Super Liga en die Trailseeker reeks.

Die eerste Gauteng Skole Liga wedren het 22 Maart te Bronkhorstspruit plaasgevind waar nege van die fietsryers deelgeneem het en baie goed gevaar het.

Die uitslae was:

  • Raylan Olivier – 9de
  • Lian Style – 23ste
  • Talisha Langerman – 24ste
  • Kaius Booth – 39ste
  • Reghardt van Schalkwyk – 61ste
  • Willem van Wyk – 104ste
  • Dirk Keulder – 110de
  • Tyler Kitching – 158ste
  • Wynand van Schalkwyk – 175ste

Die volgende Gauteng Skole Liga wedren wat voorlê sal op 14 Junie te Steyn City plaasvind.


At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Springs Advertiser in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button