Springs VLU lede raak kunstig met papier
Die tak het die kuns van papierkrale baas geraak.
Die VLU Springs-tak se maandlikse vergadering het op 9 April by die AGS Fonteinedal saal in Geduld plaasgevind.
Weens die feit dat die voorsitter van die tak, Louise Fourie bedank het, staan die huidige visie-voorsitter, Sankie Jordaan tydelik in as waarnemende voorsitter.
Sankie het die vergadering goed gelei en en die lede het ‘n propvol program geniet.
Een van die vele gaste wat die middag bygewoon het is die streekvoorsitter, Ronel du Plessis en sy het meer uitgebrei oor die program wat vir die jaar voorlê.
“Ons het ‘n baie opwindende jaarprogram om na uit te sien en ons hoop dat almal artikels vir hierdie jaar se konferensie sal inskryf,” het Ronel bygevoeg.
Die stigter van die Hope, Faith, and Grace Gemeenskapsprojek, Kerry-Leigh Wright het ook die vergadering bygewoon en op haar spreek beurt meer oor die projek vertel.
Laastens het die lede meer van die kuns van papierkrale te wete gekom. Papierkrale is ‘n kunsvorm waar dun stroke papier gerol, gevorm en aanmekaar geplak word om dekoratiewe krale te skep.
Dié leersame en interessante demonstrasie is deur Hendrien Olivier aangebied. Die volgende vergadering sal weer op 14 Mei plaasvind.
LEES OOK: Metro’s inaction causes frustrations for residents
LEES OOK: Meat World celebrates 30th anniversary with epic music festival









