Local newsLocal sportNews

Boksers behaal sukses in die kryt tydens toernooi

Die Bert Collins Boksklub bied saam die Ekurhuleni Jeug en Elite Kampioenskappe en 'n toernooi aan.

Die Bert Collins Boksklub het op 12 April die Ekurhuleni Jeug- en Elite Kampioenskappe sowel as ‘n toernooi aangebied.

Twee boksers van Bert Collins, Jacobus Jonker en Geannè Dicks, het vir die kampioenskappe ingeskryf. Nie Jacobus (17) of Geannè (23) het opponente gehad om teen te veg nie en dus het beide uit die kampioenskappe met ‘n Walk Over (WO) uitgetree.

Tydens die toernooi wat op dieselfde dag aangebied is, het sewe Bert Collins boksers in die kryt geklim. Hulle was Duandrè Knoetze, Frikkie du Bruyn, Jacobus Jonker, Jaco du Bruyn, Bradley Mothibi, Dean Kotze en Blessing Taguma.

Eerste in die kryt was die 10-jarige Duandrè wat teen ‘n bokser van Brakpan Boksklub te staan gekom het. Duandrè het sy opponent oorheers met goeie voetwerk en reguit houe en die geveg gewen met ‘n 4/1 beslissing.

Daarna het Frikkie (12) teen ‘n bokser van Thunder Boksklub in Boksburg geveg. Frikkie het ook met uitstekende boks tegnieke na vore gekom en sy opponent met ‘n 5/0 punte beslissing gewen.


LEES OOK: Buckle up for the ride of the year at HyperDrift 2025


Hier het Jacobus Jonker (17) ‘n opponent gehad om teen te veg en hy het teen Fernando Capao van Real Boxing in Boksburg te staan gekom.

Jacobus het in ‘n taai stryd teen Fernando gewen in die derde rondte met ‘n RSCI. Die 14-jarige Jaco du Bruyn het teen ‘n bokser van Thunder te staan gekom en het verloor in die eerste ronde met ‘n RSC.

Daarna het Bradley Mothibi (17) deur die toue geklim om teen ‘n bokser van Brakpan Boksklub te veg maar hy het met ‘n ABD verloor.

Ongelukkig het Dean Kotze (22) ook verloor met ‘n 5/0 punte beslissing. Laastens het die 21-jarige Blessing Taguma teen ‘n bokser van Real Boxing geveg en Blessing het ‘n maklike oorwinning behaal met ‘n 5/0 punte beslissing.

Die afrigters, Minnet Kritzinger en Frans van Biljon is tevrede met hoe die boksers hulself verdedig het en ook punte ingesamel het om vier uit sewe gevegte te wen.

Die volgende Gauteng Jeug- en Elite Kampioenskappe wat Bert Collins aanbied sal vanaf 14 tot 18 Mei by die klub plaasvind.



LEES OOK: Gardening offers numerous benefits for children

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Springs Advertiser in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button