Opvolg: Swaar reën dra glo by tot dorp se agteruitgang
Die Stad van Ekurhuleni lewer kommentaar oor die agteruitgang van Springs.
Die Springs Advertiser het onlangs verslag gedoen oor die toestand van die dorp (Dorp se verval wek kommmer).
Die berig het gehandel oor Springs se paaie wat vol slaggate is, parke se gras wat die meer onderhou word nie en straatligte wat tot twee jaar lank al buite werking is.
Inwoners van die dorp is ongelukkig omdat Springs, wat eens ‘n skoon en mooi dorp was, by die dag agteruit gaan en al meer vervalle raak.
Navraag is gerig aan die Stad van Ekurhuleni oor die verval van die dorp, en die volgende kommentaar is ontvang: “Weens die reën van die afgelope tyd was daar ‘n toename in slaggate, wat so gou moontlik aangespreek sal word.
Die gemeenskap word versoek om klagtes na die oproepsentrum te verwys en op hierdie manier kan daar aandag gee word aan kwessies wanneer dit opduik.
In sekere gevalle is daar wel ‘n mate van agteruitgang in die infrastruktuur, maar daar is planne in plek om dit reg te stel.”
LEES OOK: Hugenote se 1975-klas hou vanjaar hul 50ste reünie
LEES OOK: Agteruitgang van Springs se infrastruktuur veroorsaak ontevredenheid by inwoners



