Local newsLocal sportNewsSport

Verre Oos-Rand Hengelklub katrol 84 visse in by Draaifontein

Altesaam 12 hengelaars het 84 vis met 'n gesamentlike gewig van 74.1kg ingetrek.

Op 10 Mei het 12 hengelaars by Draaifontein Hengelklub by die Vaaldam bymekaar gekom vir die Verre Oos-Rand Hengelklub se maandelikse kompetisie.

Op die dag is 84 vis ingetrek met ‘n gesamentlike gewig van 74.1kg.

Die wenners was as volg:
• Jackie Mayer het drie vis ingetrek van 2.9kg in die dames kategorie.
• In die eerste plek vir die mans afdeling was Clinton Ford met 21 vis van 15.5kg.
• In die tweede plek vir die mans was Pieta Bekker met 15 vis van 13.5kg.
• In die derde plek by die mans was Pieter Claasen met 8 vis van 9.95kg.
• In die eerste plek van die meesters afdeling is Kobus van Zyl met 17 vis van 15.4kg.
• In die tweede plek by die meesters is Gert van Niekerk met 12 vis van 10.25kg.

Die klub se volgende kompetisie is by Goeie Hoop by die Vaaldam, op 14 Junie. Besoekers is welkom om te kom kyk, of om self lyne in te gooi.

Vir meer inligting, kontak Kobus van Zyl op 082 411 2669, of Pieta Bekker op 062 789 2808.




LEES OOK: New group of retired nurses aims to build healthier communities

LEES OOK: WATCH: Wage war erupts as suspended EMPD officers escape the chop

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Springs Advertiser in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button