Local newsNews

Oud-stigterslid lei veldtog om Ekurhuleni FM (Oos-Rand Stereo) terug te bring

Meer as ’n jaar nadat Ekurhuleni FM, voorheen Oos-Rand Stereo 93.9FM, sy laaste uitsending gedoen het, is daar ’n nuwe veldtog aan die gang om die geliefde gemeenskapsradiostasie terug op die lug te kry.

Oos-Rand Stereo 93.9FM, wat sy ontstaan in 1995 gehad het en vanuit Springs bestuur is, was een van die eerste gemeenskapsradiostasies wat in Suid-Afrika gelisensieer is, met ‘n gewildheid wat geen perke geken het nie.

Later, na skommelinge, het Oos-Rand Stereo 93.9FM plek gemaak vir Ekurhuleni FM, wat voortgegaan het om ‘n uiters gewilde kommunikasiemedium vir luisteraars te wees.

Daar was groot teleurstelling onder die inwoners van veral Ekurhuleni toe die radiostasie op 2 Maart 2024 om 23:59 finaal opgehou uitsaai het.

Nou, meer as ‘n jaar later, lei een van die voormalige stigterslede en voorsitter van die direksie en uitvoerende komitee, Frans Swart, ’n oproep om Oos-Rand Stereo 93.9FM weer terug te kry op die lug.

“Oos-Rand Stereo 93.9FM (Ekurhuleni FM) het as ‘n kritieke brug tussen mense en hul stories gedien. Dit was ‘n platform waar kultuur, taal, plaaslike talent en gemeenskapsnuus saamgekom het.

“Dit was meer as net ‘n radiostasie; dit was ’n lewenskragtige instrument vir gemeenskapsbou, onderrig en sosiale samehorigheid,” het Swart gesê.


LEES OOK: Airwaves go silent for beloved Ekurhuleni FM


Die stasie het ook aan baie mense werk verskaf.

“Die Oos-Rand (Ekurhuleni) het dus ‘n wonderlike gemeenskapsradiostasie tot sy beskikking gehad wat as ’n werkbare kommunikasiemedium gedien het.

“Die geskiedenis en mylpale van Oos-Rand Stereo sal altyd bly bestaan, want dit was werklike suksesstories en sal nooit van die rekords geskrap kan word nie.

“Die Oos-Rand (Ekurhuleni) se gemeenskap moet nou opstaan en hierdie belangrike radiostasie terug eis. Die behoefte aan ’n eerlike, toeganklike en gemeenskapsgefokusde stem is vandag groter as ooit tevore.

“Daarom is ons besig met ’n vasberade inisiatief om Oos-Rand Stereo 93.9FM terug te bring. Die gemeenskap van die Oos-Rand verdien ’n gemeenskapsradiostasie en ons moet nou almal saamstaan om ondersteuning vir so ’n stasie te bewys,” het Swart gesê.

Ondersteuning kan op die volgende maniere getoon word:
• Vul die maklike aanlynvorm in by: https://tinyurl.com/oosrand
• Teken die petisie as ondersteuning by: https://tinyurl.com/eastrandstereo
• Slegs een van bogenoemde is nodig, maar albei kan voltooi word.

“Ons nooi almal, van oud-luisteraars tot voormalige personeel, sakevennote en gemeenskapsleiers uit om deel te wees van hierdie opwindende wedergeboorte,” het Swart mee afgesluit.



LEES OOK: WATCH: Springs Senior Club brings festive cheer with mid-year Christmas lunch

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Springs Advertiser in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button