Laerskool Selection Park verwelkom nuwe hoof
Johnny Oosthuizen was voorheen adjunkhoof en waarnemende hoof by die skool, maar is nou as hoof aangestel.
Laerskool Selection Park se voormalige adjunkhoof en waarnemende hoof is vanaf 1 September verwelkom as die hoof van die skool.
Johnny Oosthuizen was sedert 2022 die adjunkhoof.
“Ons wens ons nuwe hoof alle sukses, wysheid en seën toe in hierdie nuwe rol,” het Lucinda Cronje, ‘n woordvoerder vir die skool gesê.
“Met ons hoof se passie en toewyding glo ons dat Parkies net verder gaan groei en blom.”
Sy het ook vir Thandi Njoli, die skool se Institutionele Ontwillekings- en Ondersteundingsbeampte van die distrik, bedank vir die aankondiging, ondersteuning en bemoedigende woorde.
LEES OOK: Miss Springs enters into a new season with a smile and flowers
LEES OOK: Springs Mine and Muilitary Museum welcomes new sign writer



