Local newsNews

Publiek gevra om te help bou aan Mollendam se droomtuin

Met beperkte middele, maar baie toewyding, doen die inwoners van Mollendam ‘n beroep op die publiek om plante of ander bydraes te skenk om hul oord in ‘n lushof te omskep.

Die lente is hier, die dae is reeds warmer en dit is tyd om tuine reg te ruk na die winter. Dít is presies wat sommige inwoners van Mollendam Aftree-oord beoog.

Vir inwoners soos Rensche de Fortier (66) en Patrys Niemann (81) is dit belangrik dat hul omgewing netjies lyk en hulle maar al te goed dat dit nie help om agteroor te sit en vir ‘n wonderwerk te wag nie.

Mollendam, wat uit 28 enkelwooneenhede bestaan, is al vir die afgelope 18 jaar die tuiste van Patrys, terwyl Rensche die afgelope twee jaar daar woon.

“Ons doen wat ons kan met beperkte inkomste (die meerderheid van die inwoners ontvang net ‘n SASSA pensioen), maar ons wil darem ook in ‘n plek bly wat mooi lyk,” het Rensche gesê.

Sy sorg, met die hulp van ‘n handjievol inwoners, dat die gras gesny word, en haar doelwit is om die oord se tuin in ‘n lushof te omskep.


LEES OOK: Ekurhuleni warns against illegal electricity connections and ghost vending


“Dit is tog lekker as ‘n mens in ‘n mooi plek bly,” het Patrys gesê, wat Rensche in haar doelwit ondersteun.

Om hul mikpunt te bereik, doen hulle ‘n beroep op die publiek om enige plante, hetsy van ‘n kwekery of uit iemand se tuin te skenk.

“Ons sal enige blomme, struike en bome wat ons kan plant, verwelkom,” het Rensche gesê.

Nog ‘n groot behoefte is gruis of klip, wat benodig word om ‘n area te bedek wat in ‘n moddermassa verander wanneer dit reën.

“Ons is bereid om skouer aan die wiel te sit om ons plekkie mooi te maak en ons sal enige skenking van die publiek baie hoog op prys stel.”

Persone wat belangstel om te help, kan haar kontak by 082 344 4393.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Springs Advertiser in Google News and Top Stories.

Thelma Koorts

Thelma Koorts is an editor with a passion for delivering high-quality editorial services that meet the evolving needs of readers and clients. She currently serves as the editor for the Brakpan Herald, Springs Advertiser, African Reporter, and Heidelberg Nigel Heraut. With over 30 years of experience in journalism, her goal is to keep readers informed and updated through informative news from the community to the community.

Related Articles

Back to top button