School sportSport

o/16A rugby Valke wenners

Hugies skake Hoër Volkskool uit by Valke Finaal.

Die o/16 A rugby span van Hoërskool Hugenote het hulle stemme dik gemaak in die Valke-finaal deur Heidelberg Volkskool se span te wen met ‘n pragtelling van 20-5.

Alhoewel Volkies se span die gunstelinge was om die finaal te wen, het Hugenote vasberade geveg en sodoende die trofee verower.

Hugenote se o/16A-span het ook op 3 Augustus in die kwartfinaal van die Beeldtrofee gespeel teen Potchefstroom Volkskool.

Hugenote het die wedstryd gedomineer met drie drieë en dwarsdeur die wedstryd voor geloop, maar in die doodsnikke het hul teenstaanders egter punte aangeteken en die wedstryd eindig 19-17 in Potch Volkies se guns.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Springs Advertiser in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button