Local sportSport

Gimnaste blink uit

Gimnaste van die Springs Stars Gimnastiek en Trampolien Klub het onlangs aan die Top 10 Trampolien Kampioenskappe in Pretoria deelgeneem.

Tydens die mini trampolien kompetisie het Eugene Schmidt het ‘n goue medalje en eerste plek in die seunsafdeling gewen.

Nkosinati Twala het ‘n vierde plek in dieselfde afdeling verwerf, terwyl Dimpho Mazui vyfde plek vir dogters ingepalm het.

Sunique Tschoder het ‘n silwer medalje ontvang en ‘n tweede plek waar Cara Burger as goue medalje-wenner weggestap het sowel as ‘n eerste plek in die dogtersafdeling.

“Hierdie vyf gimnaste het reeds tydens die 2013 Suid-Afrikaanse Kampioenskappe gekwalifiseer om aan hierdie kampioenskappe deel te neem,” sê hul afrigter Marinda Fourie.

Hulle ander afrigter Sherri-Lee Randall, sê sy is baie trots op die kinders.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Springs Advertiser in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button