Dinamiet kom in klein pakkies
Hy was deel van ‘n jeuggroep van 19 wat na Duitsland en Nederland getoer het. Hy sê dit was ‘n ongelooflike ervaring, want die stoeistyl en manier waarop hul skeidsregters die wedstryde blaas en hanteer is totaal anders as in Suid-Afrika. In die finaal het hy teen die “bundus” liga kampioen van Duitsland gestoei en …
Hy was deel van ‘n jeuggroep van 19 wat na Duitsland en Nederland getoer het.
Hy sê dit was ‘n ongelooflike ervaring, want die stoeistyl en manier waarop hul skeidsregters die wedstryde blaas en hanteer is totaal anders as in Suid-Afrika.
In die finaal het hy teen die “bundus” liga kampioen van Duitsland gestoei en hom gewen wat vir hom die oorwinning gegee het.
Dit was vir hom lekker om te sien hoe kompeterent hy teenoor die ander stoeiers was.
Hierdie Laerskool PAM Brink leerling skryf sy wen toe aan al die harde werk en oefeninge wat hy insit.
Suid-Afrika (SA) was ook die algehele wenner van die toernooi waar Duitsland, Oostenryk, Switzerland en SA kompeteer het.
Na hierdie toernooi het die groep teen ‘n provinsiale span in span verband teen mekaar gestoei in Leipzig, Duitsland, waar SA ook gewen het.
Fernando en die res van die groep het daarna vertrek na Nederland waar hulle weer in span verband teen De Halter Stoeiklub in Utrecht gestoei het, wat SA ook gewen het.
Die span het teruggekeer na Duitsland na die byeenkoms waar hulle aan die Internationale Phillip-Seitz-Gedachtnisturnier in Kleinostheim deelgeneem het.
Fernando het in die o/34kg jeugafdeling ‘n tweede plek verower.
Hy sê dit was die grootste toernooi waarin hy nog deelgeneem het.
Daar was 93 spanne betrokke op dié dag en so by die 400 stoeiers wat op agt verskillende matte deelgeneem het.
SA het twee seuns in die finaal gehad en beide Fernando en die ander seun het tweede gekom, alhoewel SA ook twee derde plekke gewen het.
Vir die 12-jarige was dit sover die stoei-ervaring van sy lewe.
Hy is baie trots op homself dat hy die finaal kon haal.
Dirk Booysen, Fernando se pa, sê die knapie het hom onlangs meegedeel dat hy hard gaan begin oefen, want oor twee jaar wil hy weer teen die seun stoei wat hom gewen het tydens die laaste toernooi in Duitsland.
SA het vierde geeïndig tydens die toernooi.
Fernando het hierdie jaar vele kampioenskappe gewen:
- Suid-Afrikaanse Presidente Grieks Romeinse Stoei Kampioen, o/30kg.
- Suid-Afrikaanse Presidente Stoei Kampioen, 0/30kg.
- Suid-Afrikaanse o/13 Jeug Grieks Romeinse Stoei Kampioen, o/30kg.
- Suid-Afrikaanse o/13 Jeug Stoei Kampioen o/30kg.
Hy het altesaam aan 16 wedstryde insluitende die Duitsland en Nederland toernooie, deelgeneem en slegs die laaste wedstryd in Duitsland op punte, 12 teen sewe, verloor.
Fernando is geseën in sy stoei-loopbaan hierdie jaar en het nie een wedstryd, waaraan hy in Suid-Afrika deelgeneem het, verloor nie.



