LettersOpinion

Wees bedag op skelm aanbiedinge

Verlede Maandag is ek op die hoek van Vierdelaan en Tweedestraat voorgekeer deur 'n man wat vra of ek 'n selfoon en laptop will ruil vir my horlose en ou selfoon en R100.

Tot my spyt aanvaar ek die aanbod en volg hom om die nuwe laptop en selfoon te gaan haal.

Na drie ure se wag het ek besef die man het my vir ‘n ry gevat.

Daarom wil ek die publiek en veral pensionarisse waarsku om versigtig te wees en tweekeer te dink as iemand hulle nader met sulke aanbiedinge.

Selfs die ou wat die vier splinternuwe band kwansuis vir ‘n baie goedkoper prys kan voorsien.

Dit is alles deel van ‘n scam.

As pensionaris voel ek verneuk, maar besef ek ook dat ek meer bedag moes wees hierop.

Gelukkig het ek my sim-kaart terug gevra voor hy verdwyn het.

Jan Venter

Springs CBD

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Springs Advertiser in Google News and Top Stories.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button