Local sportSport

Bobbies word beloon

Die Bobbies Junior Rugbyklub van die Oos-Rand se prysuitdeling het Saterdag plaasgevind by die Springs Polisie se lapa.

Dit was ‘n jolige en informele affêre waar die jong rugbyspelers boonop kon baljaar het in die swembad voor die prysuitdeling.

Die ouers het ‘n oog gehou oor hulle terwyl hulle gebraai en die dag geniet het.

Die pryse is soos volg uitgedeel

  • Span van die jaar – Afrigters Johan Giani en Theo Geel se o-8 span.
  • Bestuursspan van die jaar – gedeel deur Jodine Germishuysen en Marlize Herbst.
  • Klublid van die jaar – Henk Boeree.
  • Opkomende span van die jaar – Afrigter Michelle Jansen van Rensburg se o-11 span.
  • Afrigter van die jaar – gedeel deur Johan Giani en Theo Geel.
  • Opkomende afrigter van die jaar – Michelle Jansen van Rensburg.
  • Vyf jaar se diens by die klub – Leon Coetzer, Jan-Hendrik Coetzer en André Coetzer.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Springs Advertiser in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button