Local sportSport

Springs teken weghol oorwinning teen Boksburg aan

Springs te sterk vir Boksburg.

Springs Rugbyklub het Saterdag teen Boksburg te staan gekom in ‘n wegwedstryd.

Die wedstryd is deel van die Valke se Peregrine Liga wedstryde.

Van die begin af was daar net een span op die veld en Springs het verseker dat hulle geen punte in die wedstryd afgestaan het nie.

Met die halftyd telling van 28-0 was die skrif reeds teen die muur.

‘n Onstuitbare Springs span het met ‘n eindtelling van 75 – 0 van die veld gestap.

Springs het 11 drieë gedruk en 10 vervyfskoppe oor die pale geskop.

Die punte was as volg aangeteken. Drieë: Francois Fourie, Henry Pike, C-Jay Strauss, Zain Janse van Rensburg, André Smith (3) en Leon Potgieter (4). Doelskoppe: Brandan Hewitt (10).

Die tweede span het 24-17 gewen en die o21 span het met 64-15 geseëvier.

Follow Us: FacebookTwitter: Instagram

Related Articles

 
Back to top button