Wen kinderboeke
Ladybird het 'n stel Afrikaanse Lees Self boeke uitgereik wat kleingoed sal help om te leer lees.
Die boekies word uitgereik in vier vlakke, vir kinders wat net begin leer lees tot kinders wat langer stories onafhanklik kan lees.
Die stories wat die kleintjies kan lees sluit in Aspoestertjie, Rooikappie, Raponsie en Die Seerower-skool.
Een gelukkige leser kan 11 van hierdie boekies, geskenk deur Penguin, wen.
Al wat jy hoef te doen om ‘n kans te staan om te wen, is vir die Addie se adjunk-redaktrise, Natasha Kotze, ‘n foto van jou kleinding (nie ouer as vyf jaar nie) wat besig is om te lees stuur.
Stuur die foto, met jou kind se naam, van en jou kontak nommer na natashak@caxton.co.za voor of op 31 Julie.
Die top vyf foto’s, gekies deur die Addie-staf, sal op die Addie se Facebook-blad looklocal Springs gepubliseer word op 1 Augustus waar die publiek die kans sal kry om vir hulle gunsteling foto te stem. Verdere details van die stemproses sal op 1 Augustus op die looklocal Springs-blad bekend gemaak word.