Joodse sinagoge nou teater

Die Joodse Sinagoge in Eerstelaan, Springs Dorp, is omgeskep in 'n vermaaklikheidsteater.

Francois Jooste en sy vrou Meryl het die sinagoge 13 jaar gelede gekoop om ‘n kerk te stig naar dit het uiteindelik ‘n teater geword.

Hy sê die idee van teater het lankal posgevat en ek en Meryl het in Desember besluit om die gebou in ‘n teater te omskep in plaas van net kerk te hou elke Sondag.

“Alhoewel die gebou bekend gestaan het as die Nuwe Lewe Bedieninge het dit tyd geword vir ‘n ander dimensie,” sê hy.

Dus is dié pragtige gebou in Desember in die Springs Christelike Teater omgeskep wat tussen 800 en 1 200 sitplekke kan vat.

Die naam spel presies wat dit plek behels.

Springs – omdat dit in Springs geleë is, christelike – om God te vereer en teater omdat dit is waar ‘n mens genesing ontvang.

Francois sê die doel van die teater is om christelike vermaak in te bring en daarom het hulle ook vir bekende Afrikaanse sanger Danie Botha gehad wat gratis Sondagaand daar opgetree het.

“Die plan is ook om die lekker terug te bring in die kerk,” sê hy.

Die teater bestaan uit ‘n vennootskap tusen Francois, Kruiskyk, ‘n TV kanaal en Vonk Musiek ‘n Afrikaanse musiekgenootskap.

Francois voel dit is belangrik om kinders terug te bring na die kerk en vertrou dat optredes by die teater veral tieners van die strate sal hou.

“Daarom sal baie bekende kunstenaars nog hier optree. Dit sluit in Joe Niemand, Jimmy Abbott, Juanita du Plessis en vele meer,” vertel hy.

Die volgende funksie by die teater is Kruiskyk se jaarlikse Oosrand Gospel fees wat op 23 Maart om 9vm gaan plaasvind.

Geskiedenis

Die kerk is gebou in 1951 deur die United Hebrew Institution of Springs.

Die steenlegging is gedoen op 16 Setember 1951 deur die voorsitter van die United Hebrew Institution van Springs, Theodore Eliastam Esq.

Pastoor Johan du Toit het die gebou in 2008 gekoop en die kerk was gemeente gedrewe totdat die gebou omskep is in ‘n teater.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Springs Advertiser in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button