Oppiwater Kunstefees op passiersskip
Die tweede Oppiwater Kunstefees word gehou by die MSC Opera van 9 tot 13 Maart 2015.
Die eerste kunstefees was binne ses dae uitverkoop en is ‘n besondere en unieke kunstefees deurdat al die produksies in die venues van die luukse MSC Opera aangebied word.
Inderdaad ‘n Kunstefees op die water.
Frans Swart, Hoof Uitvoerende Beampte van Lefra Produksies sê, “Die konsep is uniek, want waar in die wêreld gaan mens ‘n Kunstefees op ‘n luukse boot sien met al die wonderlike etes en cocktails? Ook met ‘n besoek aan die Portugese en Inhaca eilande?”
Swart sê daar is ‘n rekord aantal produksies wat saam gaan in 2015.
“Dit is vir ons baie belangrik dat hierdie ‘n kunstefees bly. Ons gaan 21 verskillende produksies aanbied met 30 opvoerrings wat wissel van drama, komedie, kabaret, mimiek en selfs ‘n drama.”
Die Oppiwater Kunstefees spog volgende jaar met van die beste produksies:
- ‘n Heerlike wegvaartpartytjie met Ettienne Ludick, Lynette Francis, Frans Swart, Jakkie Louw en Pieter Smith.
- Shirley Valentine met Shaleen Surtie-Richards.
- Walk the Line – ‘n huldeblyk aan Johnny Cash met Pieter Erasmus.
- Mime la France met John Jacobs.
- Die Cordon Broers Hou Kôssert met Lochner de Kock en Jannie du Toit.
- RSG Radiodrama met Kobus Burger as regisseur.
- Griekwapsalms en Liedjies van die Liefde met Randall Wicomb.
- Oom Schalk Lourens se Mampoerstories met Paul Lückhoff.
- Van Haas Das tot Stukkie van der Merwe met Pieter Smith.
- The Story of BOO! met Chris Chameleon.
- Stille Water, Diepe Grond met Lynette Francis en vele meer.
Vir besprekings en die volle reisprogram vir die Oppiwater Kunstefees, besoek www.oppiwater.co.za, kontak 087 075 0889 of stuur ‘n epos aan admin@lefra.com
Dit is belangrik om te noem dat besprekings vir die RSG/Lefra Oppiwater Kunstefees is.



