Boek resensie: Dagboek van ‘n Wimpy Kid: Drie is een te veel
Skrywer: Jeff Kinney Resensie deur: Izahn Krige Resensie moontlik gemaak deur: Penguin Random House South Africa Almal is seker al bewus van die populêre reeks Dagboek van ‘n Wimpy Kid, wat nooit teleurstel nie. In hierdie spesifieke boek is Valentynsdag vinnig op pad en Greg Heffley moet ‘n dans maat kry. Die verhaal rondom die …

Skrywer: Jeff Kinney
Resensie deur: Izahn Krige
Resensie moontlik gemaak deur: Penguin Random House South Africa
Almal is seker al bewus van die populêre reeks Dagboek van ‘n Wimpy Kid, wat nooit teleurstel nie.
In hierdie spesifieke boek is Valentynsdag vinnig op pad en Greg Heffley moet ‘n dans maat kry.
Die verhaal rondom die soek van ‘n maat en die denkings van ‘n tienerseun is skreeusnaaks soos die verspotte vriende deur hul daaglikse lewe gaan.
Greg vertel al van sy herinneringe van voor sy geboorte en herroep elke gedagte wat hy gehad het terwyl hy in sy moeder se maag lê.
Elke bladsy in hierdie 217 blad-boek is verseker om geblaai te word deur die humor en opmerkings van die skrywer.
Amper meer interessant is die prentjies wat op elke blad voorkom wat die storie se karakters’ se gesigte en uitdrukkings gee.
Dit is verseker dat kinders nie sal verveeld raak met hierdie snaakse potloodsketse nie.
Nie een blad is sonder een of ander prentjie nie.
Die boek is ‘n plesier om te lees en maklik op die oog; beslis ‘n tydverdryf vir jong tieners.



