EntertainmentLifestyle
On the big screen: Nul is nie niks nie
Hoofrolle: Jaden van der Merwe, Pieter Louw, Daniah de Villiers, Morné Visser, Antoinette Louw, Marisa Drummond, June van Merch, Reine Swart en Luan Jacobs.

Direkteur: Morné du Toit.
’n Aangrypende storie oor die lewe, dood en alles wat tussenin gebeur.
Die rolprent vertel die storie van drie vriende (Hoender, Drikus en Chris) wat vasberade is om Drikus se laaste wens waar te maak – om ’n zombie-rolprent te maak.
In die proses om die film te maak, begin Hoender om die verlies van sy pa se dood te verwerk.
Hy maak terselfdertyd nuwe vriende, werk aan sy selfvertroue en besef dat hy heelwat het om aan ander te bied.
Drikus se lewensvreugde en beslistheid bring die omliggende lewelose gemeenskappe saam en blaas nuwe lewe in hulle lewens.



