Local newsNews

Jordan kort nog R14 000 om in Frankryk te gaan rugby speel

Jordan Prinsloo kort ’n laaste hupstoot om sy rugbydroom te bewaarheid

Jordan Prinsloo se tasse is al gepak en hy is slaggereed om Frankryk toe te gaan om Suid Afrika op die rugbyveld te verteenwoordig.


Hy het aanvanklik R70 000 gekort om die toer mee te maak, maar met die gemeenskap se hulp en volgehoue fondsinsamelingsprojekte het die bedrag gekrimp na R14 000.


Jordan is ingesluit in die gesogte Bateleur o. 13-span wat van 29 November tot 9 Desember deur Nice, Turyn, Lyon en Parys gaan toer.


Tydens die toer gaan die seuns nie net kragte meet met top Franse spanne nie, maar ook ’n intensiewe rugbykliniek bywoon om hul vaardighede na die volgende vlak te neem.


Vir dié kranige rugbyspeler is hierdie nie net sy eerste oorsese rugbytoer nie, maar ook die begin van ’n moontlik aksiebelaaide rugbyloopbaan.


“Ek is ongelooflik trots om deel te wees van die Bateleur-rugbyspan. Hierdie toer is ’n groot eer en ’n droom wat bewaarheid word. Ek is opgewonde om nuwe vaardighede aan te leer en teen internasionale spanne te speel,” het die spoedvraat gesê.


Daar is ’n BackABuddy-veldtog begin en as jy daarop klik, kan jy Jordan ’n tree nader aan die Franse toer bring.
Besoek https://www.backabuddy.co.za/campaign/jordan-prinsloo-rugby-tour-to-france.

Jou stad, jou storie soos dit gebeur. Bly op hoogte met die jongste nuus met WITBANK NUUS,

Volg ons op  websiteFacebookX,  Instagram or TikTok

Epos: [email protected]

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Witbank News in Google News and Top Stories.

Zita Goldswain

News Editor at the Witbank News Caxton stable. Witbank News has been my ‘home’ for the past 24 years. Journalism is the ability to meet the challenge of filling the space true words said by Rebecca West. I meet challenges, get the better of them and fill space with true words.
Back to top button