Local newsNews

Karakter en waardes die beste wapens teen boelies

Die belangrikste wapen teen boeliegedrag is nie fisieke krag is nie, maar goeie karaktereienskappe soos waarheid, geregtigheid, vrede, geloof en wysheid.

Boeliegedrag word nie met die vuiste oorwin nie, maar met karakter. Met dié boodskap het AfriForum se teenboeliespan Laerskool Taalfees op 28 Julie besoek om leerlinge met praktiese vaardighede toe te rus om boeliegedrag te herken en daarop te reageer, asook om ’n kultuur van respek en omgee te bevorder.


Die interaktiewe aanbieding het leerlinge gewys dat die belangrikste wapens teen boeliegedrag nie fisieke krag is nie, maar karaktereienskappe soos waarheid, geregtigheid, vrede, geloof en wysheid.

LEES MEER AfriForum se plaaslike tak is bekommerd oor eMalahleni se water en gaan binnekort die eerste waternoodpunt oprig

Hulle is aangemoedig om dié waardes daagliks uit te leef en te besef dat elke keuse – om iemand in te sluit of uit te sluit, op te bou of af te breek – die kultuur van ’n skool beïnvloed.


“Kinders word daagliks gekonfronteer met keuses wat hul karakter vorm. Die Bybel leer ons dat ware krag nie daarin lê om ander te oorheers nie, maar om met waarheid, moed, respek en selfbeheersing op te tree. Dit is die eienskappe wat help om boeliegedrag te voorkom en veilige skole te bou,” het Mari-Louise Erasmus, aanbieder van AfriForum se teenboelieprogram, gesê.


Volgens Erasmus is die teenboelieveldtog daarop gemik om leerlinge nie net bewus te maak van boeliegedrag nie, maar hulle ook toe te rus om die regte keuses te maak.


“Elke keer wanneer ’n leerling kies om iemand in te sluit, vir ’n maat op te staan of met respek op te tree, word die kultuur van die skool versterk. Dit is hoe karakter gebou word – een goeie keuse op ’n slag.”


AfriForum moedig skole, ouers en gemeenskappe aan om saam te werk om karakter doelbewus by kinders te ontwikkel.


AfriForum se gratis stel teenboelieplakkate is aanlyn beskikbaar.

Vir meer inligting oor AfriForum se teenboelieveldtog, besoek www.teenboelie.co.za.

LEES MEER Talle parke in eMalahleni is kort gesny danksy AfriForum se buurtspan

Jou stad, jou storie soos dit gebeur. Bly op hoogte met die jongste nuus met WITBANK NUUS,

Volg ons op  websiteFacebookX,  Instagram or TikTok

Epos: info@witbanknews.co.za

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Witbank News in Google News and Top Stories.

Zita Goldswain

News Editor at the Witbank News Caxton stable. Witbank News has been my ‘home’ for the past 24 years. Journalism is the ability to meet the challenge of filling the space true words said by Rebecca West. I meet challenges, get the better of them and fill space with true words.
Back to top button