Geliefde onderwyser Pikkie Herrmann oorlede
Meneer Pikkie se woorde, “Hallo, julle mooi mense," sal altyd onthou word.
Huldeblyke stroom in ná die dood van meneer Pikkie Hermann van die Hoër Tegniese Skool.
Sy vrou, Ulrike, het gesê hy is skielik aan ’n hartaanval by hul huis oorlede.
Kort nadat die skool die nuus op hul sosiale media geplaas het, het medelye ingestroom.
Kollegas, leerders en oudleerders het talle mooi herinneringe gedeel.
Meneer Pikkie se bekende groet, “Hallo, julle mooi mense,” sal nooit vergeet word nie, is deur meer as een persoon opgemerk.
Hy laat Ulrike en hul twee seuns, Heinrich en Theo, agter.
Jou stad, jou storie soos dit gebeur. Bly op hoogte met die jongste nuus met WITBANK NUUS,
Volg ons op website, Facebook, X, Instagram or TikTok
Epos: [email protected]
