Local newsNews

Gebede word elke dag om 16:33 hardop vir Brandon gebid

Kinders bid elke dag om 16:33 vir Brandon Joubert se herstel.

Gebede word elke dag vir Brandon Joubert gebid, maar daar is iets besonders aan die gebedsketting wat deur kinders in eMalahleni begin is.

Elke dag om 16:33 word ’n gebed hardop vir die 19-jarige Brandon gesê. Hy is ’n maand gelede ernstig beseer in ’n motorongeluk.

LEES MEER 2 jong seuns in die hospitaal na ernstige botsing

Nicci Hodgson het vertel dat sy en haar dogter, Madison, op pad na Middelburg was toe Madison se selfoonalarm afgegaan het.

“Madison het gesê hulle is ’n hele groep wat elke dag om 16:33 vir Brandon bid,” het Hodgson vertel.

“Kan jy jou net indink watter impak hierdie gebede maak? Die outoriteit waarmee gebid word kan nie in woorde omskryf word nie.”

Madison en haar groep vriende vra mense om hul selfone se alarms vir 16:33 te stel en dan vir Brandon te bid.

LEES MEER “Hou asseblief aan bid vir Brandon,” pleit ma

Hodgson het na Johannes 16:33 verwys:

“Dit het Ek vir julle gesê, dat julle in My vrede kan hê. In die wêreld sal julle verdrukking hê; maar hou goeie moed, Ek het die wêreld oorwin.”

“Ons bid dat Brandon volkome sal herstel en eendag sal sy maats vir hom kan vertel van die krag van gebed,” het Hodgson in trane gesê.

Brandon se ma, Lizelle Joubert het gesê Brandon se een long het gister gedeeltelik platgeval, en dokters monitor dit.

LEES MEER Brandon word stadig uit sedasie gehaal – Stephan gaan môre in vir operasie

Jou stad, jou storie soos dit gebeur. Bly op hoogte met die jongste nuus met WITBANK NUUS,

Volg ons op  websiteFacebookX,  Instagram or TikTok

Epos: [email protected]

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Witbank News in Google News and Top Stories.

Zita Goldswain

News Editor at the Witbank News Caxton stable. Witbank News has been my ‘home’ for the past 24 years. Journalism is the ability to meet the challenge of filling the space true words said by Rebecca West. I meet challenges, get the better of them and fill space with true words.
Back to top button