Wieldiewe doenig in Modelpark
Diewe het in Modelpark toegeslaan en is vort met ’n bakkie se wiele.
Die Schourie-gesin van Modelpark het die week deurgeloop onder misdaad toe die wiele van hul werksbakkie afgesteel is.
Die diewe het in die vroeë oggendure van 4 September palissade by die huis oopgebuig en die sekuriteitskamera weggedraai.
Lees meer Man doodgeskiet, broer ernstig gewond
Nolene Schourie het vertel dat die videomateriaal wys hoe hul hond voor die voorval by die hek geblaf het.
“Sy het toe stil geraak en in ’n diep slaap ingegaan. Ek het die volgende oggend vir haar melk en geaktiveerde steenkool ingegee.”
’n Buurman se videomateriaal wys iemand wat om 01:45 die straat afloop. ’n Halfuur later was die familie se kamera weggedraai.
Schourie het gewaarsku teen merkers en gesê al lyk dit net soos ’n stukkie papier of voorwerp, moet dit verwyder word.
Sy het vertel dat hulle ná die tyd merkers in ’n klein bos by die palissade gekry het. Vroeër die week is ’n houer ook voor hul erf gekry.
“Ons het uit die voorval geleer om ons kameras buite bereik te sit sodat dit nie gedraai kan word nie. Die diewe is definitief besig in die vroeë oggendure om te sien hoe jy reageer as jou honde blaf. As jou hond blaf, moet jy dadelik uitgaan en ondersoek gaan instel.”
Jou stad, jou storie soos dit gebeur. Bly op hoogte met die jongste nuus met WITBANK NUUS,
Volg ons op website, Facebook, X, Instagram or TikTok
Epos: [email protected]
