CrimeLocal newsNews

Man doodgeskiet, broer ernstig gewond

Die polisie se geel kordonband aan ’n hek vertel van die tragedie wat afgespeel het.

’n 32-jarige man is gisteraand (5 September) doodgeskiet en sy 37-jarige broer is ernstig gewond tydens ’n huisbraak in Paarlstraat.

Fransie Steenkamp is trompop in die maag en kop geskiet en is op die toneel dood verklaar.
Dirkie Steenkamp is vier keer geskiet en is in die intensiewesorgeenheid by Life Cosmos Hospitaal opgeneem.

Die broers se pa, Francois Steenkamp, het gesê die rowers het die hekmotor se hefboom afgedraai, die hek oopgestoot en die huis ingegaan.

“My kind is vir ’n televisie doodgeskiet,” het die gebroke Francois gesê. “Ek het nie veel woorde nie.”

Volgens hom was hy by Loskop Dam vir die jaarlikse Loskop Classic-kompetisie toe ADT-sekuriteit hom om 22:45 gebel het.

“Ek het dadelik vir Fransie gebel, maar hy het nie geantwoord nie. Ek kon Dirkie in die hande kry en al wat hy gesê het, was: ‘Pa, Fransie is dood’.”

Lees die volle berig in die volgende uitgawe van Witbank Nuus.

Jou stad, jou storie soos dit gebeur. Bly op hoogte met die jongste nuus met WITBANK NUUS,

Volg ons op  websiteFacebookX,  Instagram or TikTok

Epos: info@witbanknews.co.za

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Witbank News in Google News and Top Stories.

Zita Goldswain

News Editor at the Witbank News Caxton stable. Witbank News has been my ‘home’ for the past 24 years. Journalism is the ability to meet the challenge of filling the space true words said by Rebecca West. I meet challenges, get the better of them and fill space with true words.
Back to top button