Ballet- en teaterfotografie onder bespreking
Die beoordelaar vir die byeenkoms wat op Woensdag 15 April om 18:30 by die Protea Hotel in Mandelastraat gaan plaasvind is Peet van den Berg.
Hy is bekend vir sy ballet- en teaterfotografie.
Enige iemand wat ’n belangstelling het in fotografie is baie welkom om die aand by te woon. Jy hoef nie ’n duur of ingewikkelde kamera te hê nie.
E-pos Charlaine Gerber by charlaine@mweb.co.za as jy die aand wil bywoon of aansluit by die klub.