Geskenkemark om die draai
Die Hervormde Kerk Suidoos Witbank (oorkant Midas op die hoek van Hans Strydom- en Theunis Jansonstraat) bied weer ’n Geskenkemark aan vanaf 28 April tot 2 Mei.
Die mark is met die oog op Moedersdag en Vadersdag geskenke wat gekoop kan word, maar daar is sommer vele meer, vanaf lekkernye tot mooi dekor vir die huis – werklik iets spesiaal vir almal. Daar is ook ‘n teetuin met smullekker versnaperinge om dit ‘n lekker uitstappie te maak.
Die mark is gratis vir almal vanaf Dinsdag 28 April tot Vrydag 1 Mei vanaf 09:00 tot 19:00 en Saterdag 2 Mei vanaf 09:00 tot 14:00.
Vir meer inligting, skakel: 083 259 9510.