Is jou pot die lekkerste?

Daar word raad gegee en komplimente aan die sjef uitgedeel as die reuk die lug vul wanneer die deksel gelig word.
Daar is net niks beter as potjiekos om die basis van ’n lekker saamkuier te vorm nie.

Saterdag 2 Mei word ’n potjiekoskompetisie ten bate van twee jong dansers wat oorsee gaan kompeteer, gehou.
Die kompetisie word by Witbank High gehou. Die beoordeling is om 15:00.
Kaartjies beloop R100 per volwassene en R80 per kind.
Natuurlik is daar heerlike pryse op die spel. Die eerste prys is ’n Karoo skaap, die tweede prys is ’n naweek in ’n gastehuis by Lavender Hill en die derde prys is ’n smulmandjie.

Vir meer besonderhede kontak Anneleen Duvenage: 083 779 9329, Amanda Geldenhuys: 079 615 7762 of Kobus Duvenage: 084 584 2719.

Back to top button