Kruisstap 2015, ’n stadspoging
Die Kruisstap sal begin by Saveway Cresent en eindig by Pick n Pay Klipfontein (in eMalahleni).
Almal is welkom, volwassenes, kinders, jeug en senior burgers. Die senior burgers wat nie kan stap nie, is welkom om saam die bus te ry om deel te wees van die Kruisstap.
Die Kruisstap vind plaas op Goeie Vrydag 3 April om 15:30 en die stap begin 16:00.
Motorfietse kom bymekaar om 16:30 en begin ry om 17:00. Daar word gevra dat die ryers asseblief die reëls sal gehoorsaam.
Die opelug-diens begin om 18:00 met prediker ps. Welie Olivier.
Bring asseblief ’n wit kruis of vlae of baniere saam.
Kom ons staan saam vir ons stad. Kom ons stap saam vir ons stad.
Jesus Christus vir Witbank-eMalahleni.
Die Paasnaweek hou Lig en Lewe Bedieninge ’n Paasfees Konferensie.
Op 4 April sal daar ’n oggenddiens wees om 10:00 en ’n aanddiens om 18:00 met spsiale prediker, dr. Gerhard Steyn.
Op Sondag 5 April sal die spesiale prediker dr. Marius Higgins wees by die oggenddiens om 10:00 en aanddiens om 18:00.
Daar sal etes te koop wees na elke diens.
Hierdie is ‘n stadspoging om almal te herinner aan die genade wat Christus vir ons gebring het, by die Kruisiging.
Vir enige navrae kontak gerus vir dr. P. van Kraayenburg: 082 855 7730 of dr. A. van Kraayenburg: 082 853 2989 of vir Wanda Greeff: 072 606 6414.