Martilie kom by Witbank Fotoklub kuier

Hul byeenkoms vind op 18 Maart om 18:30 by die Protea Hotel in Mandelastraat plaas.
Die besoekende fotograaf is Martilie Weideman. Sy gaan ’n praatjie gee oor voëlfotografie, so dit gaan beslis die moeite werd wees.

Daar sal opleiding wees vanaf 17:30 toe 18:30 en Aprilmaand se voorgestelde tema is ‘Bokeh’ en dit gaan aangebied word deur Sandra Grobler.
Lightroom gaan ook bespreek word en ’n opleidingsessie gaan tussen 18:00 en 18:30 hieroor aangebied word.

Enige iemand wat belangstel om by die klub aan te sluit, kan vir Charlaine kontak by charlaine@mweb.co.za

Hierdie is die foto waarmee Charlaine Grobler R1 000 gewen het tydens Witbank Fotoklub se jaareindfunksie wat in Februarie gehou was.
Hierdie is die foto waarmee Charlaine Grobler R1 000 gewen het tydens Witbank Fotoklub se jaareindfunksie wat in Februarie gehou was.

Back to top button