Sakekamer vergader
Die joligheid word vooraf gegaan met ’n algemene jaar vergadering op 6 Februarie by CSC Tactical op die ou-Middelburgpad.
Die kostes daaraan verbonde is R150 per paar.
Die algemene jaar vergadering begin om 18:00, ’n braai en dans volg daarna om 19:00.
Bring jou eie eetgerei, drinkgoed en vleis. Pap, sous en slaai sal voorsien word.
Skakel Tania Stapelberg voor 3 Februarie om jou plek te bespreek: 079 889 3388.