Steve kom sing
Hy tree op Vrydag 24 Julie by die skool optree.
Kaartjies beloop R120 per volwassene en R60 per kind. Kinders onder vier jaar het gratis toegang.
Die hekke maak om 18:00 oop en die optrede begin om 20:00. Kosstalletjies sal beskikbaar wees, maar ‘n kurkfooi van R20 per koelboks sal gevra word en eie stoele moet saamgebring word.
Vir meer inligting kan Nicolet Jansen van Vuuren gekontak word: 079 227 9313 of Laerskool Balmoral: 013 680 7053.
Kom geniet ’n lekker gesinsaand in die geselskap van Steve.